previous arrow
next arrow
Slider
Tuis
Tuis
Wapen

Die klein skool met die groot hart

HMO Voorwoord

Die Hoërskool Martin Oosthuizen, vernoem na Martin James Oosthuizen wat van 1919 tot 1950 die skoolhoof was, is die trotse uitvloeisel van “tentonderwys” wat in 1898 op die plaas Stofbakkies ontstaan het.

Intussen het “HMO” die huishoudelike naam van hierdie spog- akademiese instelling geword. HMO onderskei hom van ander skole deurdat twee spesialis-studierigtings aangebied word, nl. suiwer akademie en landbou-akademie. HMO se hoë akademiese standaard blyk uit die feit dat ons gereeld onder die top 3- akademiese skole in die ZFM-streek is.

Op buitemuurse gebied word uitnemend presteer. HMO bied ‘n fenomenale sport- en kultuurprogram van 18 skool- en 6 nie-skoolaktiwiteite. Proteakleure in sport, beste sprekers Agri NK, nasionale redenaars en die ATKV Beste Tienerakteur, is enkele van die prestasies wat ons uitnemendheid onderstreep.

Deur u kind die geleentheid te bied om ‘n skoolloopbaan by HMO te deurloop word hy/sy deel van ‘n ryk tradisie: van die Kookpotdoop in graad 8 tot die Uitstapseremonie in graad 12. Belê in u kind, word deel van HMO!

 

Hoërskool Martin Oosthuizen Akademiese- en Landbouskool.

 

  • Die skool met die beste graad 12-Rekeningkundeleerder 2018 in die Noord-Kaap.
  • Kwaliteit en individuele aandag.
  • Die enigste skool in die ZFM-distrik wat ‘n volledige landboukurrikulum bied.
  • Een van die Top 3-skole in die ZFM-distrik en een van die Top 10-skole in die Noord Kaap.

Kom deel in die geskiedenis van ons 100 ste bestaansjaar tydens HMO-eeufees 2020!

OPEDAG:

9 Mei 2019

Tyd: 17:30

HMO spog met die opgradering van ons Landboutegnologie-werkswinkel. Na afloop van die saalverrigtinge, klim ons op die landbouwa om ware HMO-gees te beleef tydens HMO se BIG BRAG!

 

<
>
SundayMondayTuesdayWednesdayThursdayFridaySaturday
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14
15 16 17 18 19 20 21
22 23 24 25 26 27 28
29 30          
Categories
 General
 Sport

Klik op een van die volgende om na die onderskeie sosiale media bladsye te gaan

Geborg deur Rawson Properties Upington
Geborg deur Rawson Properties Upington
Personeel
IMG 20180514 WA0051
Tuis

Hoërskool Maartin Oosthuizen skoolfonds 2019

Maandeliks vir 10 maande

R  1 346-00

Kwartaalliks

R  3 365-00

Halfjaarliks

R  6 730-00

Jaarliks

R 13 460-00

 

Bankbesonderhede: 

 

FNB

Tak: KAKAMAS

Takkode: 230 104

Tjekrekeningnr.  62 448 006 769

Verwysing:  Leerling voorletter en van, skoolfonds

Koshuisfonds 2019

 

Maandeliks vir 10 maande

R 1 830-00

Kwartaalliks

R 4 575-00

Halfjaarliks

R 9 150-00

Jaarliks

R 18 300-00

 

Bankbesonderhede: 

 

FNB

Tak: KAKAMAS

Takkode: 230 104

Tjekrekeningnr.  525 9001 0057

Verwysing:  Leerling voorletter en van, Koshuis

Kontak Ons

HMO: 054 431 0884
Faks: 054 431 0443
Koshuis: 054 431 0706
skoolhoof@hmoskool.co.za
admin@hmoskool.co.za
finansies@hmoskool.co.za
bemarker@hmoskool.co.za
Voortrekker straat 37, Kakamas 8870
Posbus 183
Kakamas
8870

Stuur gerus vir ons ‘n e-pos