Landbou “Agriculture is our wisest pursuit, because it will in the end contribute most to real wealth, good morals, and happiness.” - Thomas Jefferson




Wat ons tot beskikking het Wie sê daar is niks in die Noord Kaap?
- Volledige landbou-afdeling
- ‘n Goed toegeruste werkswinkel sowel as 1800 ha-weiveldplaas (Nguni-kudde) verseker dat landbou-opleiding, teoreties sowel as prakties, effektief geskied.
- Vennootskap met privaat sektor.
- Baie ondersteuning van georganiseerde plaaslike landbou
- Die volle Landboukurrikulum: Landboubestuur (LBB), Landboutegnologie (LBT), Landbouwetenskap (LBW) wat slegs enkele skole in Suid-Afrika beskore is. Al drie genoemde vakke vorm deel van die lys van 20-kredietvakke wat deur universiteite vereis word.
- Leerders verlaat matriek met sertifikate in die volgende kursusse: Arbeidsbestuur, Finansiële bestuur, Dorperbeoordeling, Nguni-beoordeling, Trekkerinstandhouding, Wingerdbou en Weiveldbestuur.
- Eienaarskap vir die buitemuurse landbouprogram word hoofsaaklik geneem deur die HMO- Junior Landbouvereniging, wat onder andere verantwoordelik is vir die reël van die Agri-Mega-Week en ander landbou-ekskursies.
- HMO spog met ons eie 35 ha Besproeiing- en 1900 ha Veeplaas.
