SKOOLDRAG
“I never teach my pupils; I only attempt to provide the conditions in which they can learn.” –Albert Einstein
SOMERSDRAG
WINTERSDRAG
LO-DRAG
- Dogters
- Seuns
Dogters
KLEREDRAG
Roklengte: Die roklengte moet paslik, fatsoenlik en behoorlik wees.
Algemeen: Die nodige vormdrag moet gedra word tydens skool en sportge-
leenthede. Wapentjies en kentekens wat nie met die skool verband hou nie,
mag nie gedra word nie.
Somerdrag: Somersrok met gordel waarvan die lussies vasgewerk is en wel
in die middellyf, wit sokkies en swart skoolskoene.
Wintersdrag: Skoolromp, wit hemp met das, swart skoolkouse, HMO-skooltrui en -skoolbaadjie
OF
Donkerblou langbroek, wit hemp met das, donkerblou of swart sokkies, swart
skoolskoene, HMO-skooltrui en -skoolbaadjie.
SKOOLTASSE
SLEGS DONKERBLOU skooltas met afskortings of donkerblou Totem-gesondheidstas met afskortings.
NETHEID
- Hare moet skoon wees en geen uitspattige haarstyl word toegelaat nie.
- Hare mag gekleur word op die volgende voorwaardes:
(i) Daar mag nie drasties afgewyk word van die natuurlike haarkleur nie;
(ii) Die nuwe haarkleur moet komplimenterend tot die persoon se voor-
koms wees. - “Gel” word toegelaat ten einde hare netjieser te laat vertoon en nie om lang
hare weg te steek of `n uitspattige haarstyl te dra nie. Die hare mag nie vuil
vertoon nie. - Haarslierte mag nie in die oë, voor die ore of in die nek hang nie.
- Sodra die hare oor die kraag hang, moet dit vasgebind word – ook indien
vals stukke (“dreadlocks”) ingevleg word. - Slegs wit/donkerblou/swart linte, bolletjies of handdoekrekkies word toegelaat.
- Onversierde/wit/donkerblou/donkerbruin/swart/metaalkleurige haarknippies/
haarbande mag gedra word. - Haarkammetjies moet funksioneel wees en nie bloot as versiering gedra word nie.
- Geen juweliersware behalwe `n polshorlosie mag gedra word nie.
- Dogters met gaatjies in hulle ore mag klein goue of silwer knoppies (sonder
steentjies) of goue of silwer oorringetjies (maks. 15 mm) dra. Een in elke oor. - Geen grimering of naellak of opgeboude naels word toegelaat nie.
- Naels mag nie oor die vingerpunte groei nie.
- Skooldrag word volledig tydens skoolfunksies gedra. Sportdrag soos voorgeskryf.
Seuns
KLEREDRAG
Somerdrag: Blou hemp (kortmou met daskraag), kort of lang grys broek, grys HMO-skoolsokkies, swart skoolskoene.
Winterdrag: Blou dashemp met skooldas, HMO-blou skooltrui, skoolbaadjie, grys
sokkies, lang- en/of kortbroek, swart skoolskoene (toerygskoene).
SKOOLTASSE
SLEGS DONKERBLOU skooltas met afskortings of donkerblou Totem-gesondheidstas met afskortings.
NETHEID
- Hare mag nie ore, wenkbroue, hemp- of baadjiekraag raak nie en moet
geleidelik na bo gesny word. - Die gesig moet glad geskeer wees.
- Wangbaarde nie laer as die middel van die oor nie.
- Hare mag gekleur word op die volgende voorwaardes:
(i) Daar mag nie drasties afgewyk word van die natuurlike haarkleur nie.
(ii) Die haarkleur moet komplimenterend tot die persoon se voorkoms wees. - “Gel” word toegelaat ten einde hare netjieser te laat vertoon en nie om lang
hare weg te steek of `n uitspattige haarstyl te dra nie. Die hare mag nie vuil vertoon nie. “Haarspykers” se lengte mag nie 3cm oorskry nie. - Hare mag nie in die oë hang nie.
- Geen juweliersware behalwe `n polshorlosie mag gedra word nie.
- Skooldrag word volledig tydens skoolfunksies gedra. Sportdrag soos voorgeskryf.
HAARSTYL
SKOOLSKOENE
SKOOLTAS