Hoërskool Martin Oosthuizen
DIE KLEIN SKOOL MET DIE GROOT HART
WELKOM BY DIE HMO-STORIE
Die Hoërskool Martin Oosthuizen, vernoem na Martin James Oosthuizen wat van 1919 tot 1950 die skoolhoof was, is die trotse uitvloeisel van “tentonderwys” wat in 1898 op die plaas Stofbakkies ontstaan het.
Intussen het “HMO” die huishoudelike naam van hierdie spog- akademiese instelling geword. HMO onderskei hom van ander skole deurdat twee spesialis-studierigtings aangebied word, nl. suiwer akademie en landbou-akademie. HMO se hoë akademiese standaard blyk uit die feit dat ons gereeld onder die top 3- akademiese skole in die ZFM-streek is.
Op buitemuurse gebied word uitnemend presteer. HMO bied ‘n fenomenale sport- en kultuurprogram van 18 skool- en 6 nie-skoolaktiwiteite. Proteakleure in sport, beste sprekers Agri NK, nasionale redenaars en die ATKV Beste Tienerakteur, is enkele van die prestasies wat ons uitnemendheid onderstreep.
Deur u kind die geleentheid te bied om ‘n skoolloopbaan by HMO te deurloop word hy/sy deel van ‘n ryk tradisie: van die Kookpotdoop in graad 8 tot die Uitstapseremonie in graad 12. Belê in u kind, word deel van HMO!
GROOT genoeg om kompeterend te wees, KLEIN genoeg vir elke kind om te tel
Die toekoms wag - stap saam met ons
LANDBOUSKOOL
“Agriculture is our wisest pursuit, because it will in the end contribute most to real wealth, good morals, and happiness.” – Thomas Jefferson
EEUFEES 2020
“If you think in terms of a year, plant a seed; if in terms of ten years, plant trees; if in terms of 100 years, teach the people.” – Confucius
TOP AKADEMIE
“When you educate one person you can change a life, when you educate many you can change the world.” – Shai Reshef
KONTAK ONS
(054) 431 0884
admin@hmoskool.co.za
Voortrekkerstraat 37
Kakamas
8870














