HMO streef daarna om ‘n veilige, ontspanne woon- en leefruimte te skep waarin koshuisgangers die geleentheid gebied word om tot hul volle potensiaal te ontwikkel op akademiese-, sport-, kultuur-, geestelike en sosiale gebied.
Dit is ons strewe dat elke inwoner lojaliteit, respek en bedagsame optrede teenoor mekaar, besoekers en personeel sal openbaar en hierdeur ‘n voorbeeld sal stel vir die res van die gemeenskap.
Hier is ‘n huis weg van die huis af. Hier is familie. Hier is HMO!